Koshuis

‘n Moderne koshuis vir jong mense met drome

In die hart van die Noord-Kaapse vlaktes, binne die welbekende Vaalharts-besproeiingskema, staan ’n unieke onderwysinstelling: Futurum Akademie – ’n Afrikaanse privaatskool wat nie net kinders opvoed nie, maar lewens vorm. Hier is moedertaalonderrig, waardes, dissipline en akademiese gehalte die boustene van ‘n nuwe generasie leiers.

Die volgende groot mylpaal is die bou van ‘n moderne en veilige koshuisfasiliteit in die Vaalharts. Hierdie belegging is nie net in geboue nie – dit is in die lewens van jong Afrikaanse kinders, in hul toekoms, hul drome en hul plek in ’n veranderende wêreld.

Waarom ’n koshuis?

Verwyder afstand as struikelblok

Maak dit moontlik vir leerders van omliggende dorpe en plase om in te skakel by Futurum Akademie se holistiese model.

Bied ’n tweede tuiste

’n Veilige, geborge ruimte vir studiebegeleiding, karakterontwikkeling en emosionele ondersteuning.

Breek sosiale isolasie

Skep ‘n sterk gemeenskap waar elke kind gesien, verstaan en ondersteun word.

Staan sterk as streekskool

Dien die wyer Noord-Kaapse gemeenskappe met ’n skool van Afrikaanse uitnemendheid.

Ons het jou hulp nodig en reik uit na die volgende teikenmark:

  • Die ouerbelegger: ouers wat die geleentheid tot kwaliteit, Afrikaanse moedertaalonderrig met toekomsgeleenthede aan hulle kinders wil bied deur te belê en hul kind in te skryf.
  • Die belegger: iemand met ‘n passie vir kwaliteit, Afrikaanse moedertaalonderrig en geleenthede vir die jeug van vandag om ‘n beter toekoms in ons land te verseker en ‘n goeie opbrengs verdien.
  • Die passievolle ouer wat ‘n koshuis soek:  die ouer wat slegs die heel beste aan sy/haar kind wil bied en die droom van ‘n suksesvolle koshuis in die Vaalharts, wat toegang tot kwaliteit, Afrikaanse moedertaalonderrig vergemaklik, begryp en wil ondersteun.

Finansiële besonderhede en projekkoste van die beplande koshuis is in die prospektus beskikbaar.

Vul asb. die onderstaande vorm in en ons stuur vir jou ‘n volledige prospektus.