Wat ons bied

Ons verhaal

In 2016 het die droom ontstaan om ’n onafhanklike gemeenskapskool in die Vaalharts-skema te stig. Die ideaal was om ’n toekomsgerigte, plattelandse alternatief in Afrikaans te bied waar belê word in die karakter van leerders.
Futurum maak sy deure in Januarie 2017 oop, met 68 leerders van graad R tot graad 7. In die volgende paar jaar groei die skool met rasse skrede en bied in 2023 grade R tot 12 aan vir meer as 270 leerders. Futurum Akademie begin 2025 met 288 leerlinge.

Leer meer oor die Vaalharts-besproeiingskema

2020 tot hede

In April 2020 sluit ons aan by die MOS Inisiatief – ’n privaat maatskappy wat deur die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO) gestig is met die doel om ’n Afrikaanse skolenetwerk daar te stel om uitnemende onderrig in Afrikaans te verseker en uit te bou.
Hierdie vennootskap het daartoe gelei dat ons daartoe in staat is om opvoeders en leerders aan die nuutste internasionale onderrig- en leermetodes bloot te stel.
In kort is ons ’n privaatskool waar kinders nog kind kan wees, waar hulle die geleentheid gebied word om met vrymoedigheid nuwe geleenthede te ondersoek en waar lewenslange leer aangemoedig word om ons jongmense toe te rus met vaardighede vir die eise van die toekoms.

Ons vennootskap met die MOS Inisiatief verseker dat ons leerders baat vind by internasionale beste praktyke in onderwys, terwyl ons steeds ons unieke Christelike en Afrikaanse karakter behou.

Ons visie

Christelik verantwoordbare onderrig en opvoeding aan ons leerders te bied vir optimale ontwikkeling van elkeen se Godgegewe potensiaal op akademiese, kulturele, sport – en leierskapgebied. Ons doel is om toegeruste, gebalanseerde jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

Ons missie

Daar word gestrewe na hierdie visie deur:

‘n spanpoging van onderwysers, ouers en die gemeenskap;

uitnemendheid en ‘n hoogstaande akademiese standaard te handhaaf en uit te bou;

‘n toegeruste en gemotiveerde onderwyskorps te verseker;

handhawing van praktyk-relevante en toekomsgerigte onderwys;

die vestiging en handhawing van ‘n gelukkige (veilige) omgewing, wat vir elke leerder die beste geleentheid skep om ten volle as mens te ontwikkel;

die eie karakter en tradisie van die skool te koester en uit te bou en skooltrots aan te wakker;

te fokus op balans en ‘n hoër strewe met sinvolle betekenis;

die handhawing van Afrikaans as medium van onderrig.

Die Volledige Futurum-ervaring

Uitmuntende akademie in ‘n digitale era. Opwindende sportgeleenthede vir elke kind. Verrykende kulturele programme wat inspireer. Ons bied die platform waar u kind kan uitstyg.